Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 5:5

Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning
10 dae
God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE sal jou help om bemoediging te vind in die wete dat jy ’n kosbare en geliefde dogter van die Koning is. Hy het jou lief; in sy hand is jy veilig!

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
10 Dias
Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Wat Is Ware Liefde?
12 Dae
Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.

Geloof
12 Dae
Is om te sien, om te glo? Of is dit eerder dat ek glo omdat ek sien? Hierdie is vrae oor geloof. Hierdie leesplan bied 'n indiepte studie oor geloof—van die Ou Testamentiese stories van werklike mense wat groot geloof getoon het in onmoontlike omstandighede, tot by die leringe van Jesus oor geloof. Deur hierdie plan te volg sal jy aangemoedig word om in 'n dieper verhouding met God te tree en 'n meer toegewyde volgeling van Jesus te word.

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God
14 dae
Om werklik gelukkig te wees en met blydskap te leef, is waarna elkeen van ons streef. Wanneer ons God se leiding vir ons lewe aanvaar, sy gebooie gehoorsaam en die regte keuses binne sy plan vir ons maak, kan ons geluk en geloof groei. Hierdie 14-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor geluk en ’n slotgebed.

Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.