Die vroue het gesing en gesê:
“Saul het sy duisende verslaan,
maar Dawid sy tienduisende.”
Saul het gebrand van jaloesie, en die woorde was vir hom ’n belediging. Hy sê toe: “Aan Dawid het hulle tienduisende gegee, maar vir my net die duisende. Al wat hy nog kortkom, is die koningskap!”