1
1 SAMUEL 17:45
Nuwe Lewende Vertaling
Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n kromswaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die HERE, die Almagtige, die God van die magte van Israel wat jy staan en beledig.
Vergelyk
Verken 1 SAMUEL 17:45
2
1 SAMUEL 17:47
Die hele wêreld sal weet dat Israel ’n God het. Almal sal weet dat die HERE nie swaard en spies nodig het om sy mense te red nie. Die oorlog is die HERE s’n, en Hy sal julle in ons mag oorgee!”
Verken 1 SAMUEL 17:47
3
1 SAMUEL 17:37
Die HERE wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!” Saul het uiteindelik ingestem. “Goed, doen dit,” sê hy. “En mag die HERE met jou wees!”
Verken 1 SAMUEL 17:37
4
1 SAMUEL 17:46
Vandag gee die HERE jou oor in my mag. Ek sal jou doodmaak, jou kop afkap, en die lyke van die Filistynse leër vir die roofvoëls van die hemel en die wilde diere van die aarde gee.
Verken 1 SAMUEL 17:46
5
1 SAMUEL 17:40
Hy neem toe sy herderstok, soek vyf gladde klippies in die spruit uit en sit dit in sy slingersak. Met sy slingervel in die hand loop hy die Filistyn tegemoet.
Verken 1 SAMUEL 17:40
6
1 SAMUEL 17:32
“Ons moenie oor hierdie man moedeloos word nie,” sê Dawid vir Saul. “Ek sal teen hierdie Filistyn gaan veg!”
Verken 1 SAMUEL 17:32
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's