1
1 TIMOTEUS 4:12
Nuwe Lewende Vertaling
Moenie dat enigiemand minder van jou dink omdat jy jonk is nie. Wees ’n voorbeeld vir alle gelowiges deur wat jy leer, in die manier waarop jy lewe, in jou liefde, jou geloof en jou integriteit.
Vergelyk
Verken 1 TIMOTEUS 4:12
2
1 TIMOTEUS 4:8
Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening is baie belangriker, want dit hou die belofte in van beloning, sowel in hierdie lewe as in die volgende.
Verken 1 TIMOTEUS 4:8
3
1 TIMOTEUS 4:16
Let goed op jouself en jou leer. Bly getrou aan wat reg is, en jy sal jouself red sowel as almal wat na jou luister.
Verken 1 TIMOTEUS 4:16
4
1 TIMOTEUS 4:1
Die Heilige Gees leer ons duidelik dat in die laaste tye sommige mense sal wegdraai van wat ons glo; hulle sal leuengeeste volg en leerstellings wat van bose geeste af kom.
Verken 1 TIMOTEUS 4:1
5
1 TIMOTEUS 4:7
Moenie tyd verkwis met redenasies oor goddelose idees en ouvroustories nie. Bestee jou tyd en energie daaraan om jouself te oefen tot geestelike fiksheid.
Verken 1 TIMOTEUS 4:7
6
1 TIMOTEUS 4:13
Totdat ek daar opdaag, konsentreer daarop om die Skrif aan die gemeente voor te lees, die gelowiges te bemoedig en om hulle te onderrig.
Verken 1 TIMOTEUS 4:13
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's