1
2 TIMOTEUS 1:7
Nuwe Lewende Vertaling
Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing.
Vergelyk
Verken 2 TIMOTEUS 1:7
2
2 TIMOTEUS 1:9
Dit is God wat ons verlos en gekies het om ’n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus.
Verken 2 TIMOTEUS 1:9
3
2 TIMOTEUS 1:6
Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur aan te blaas.
Verken 2 TIMOTEUS 1:6
4
2 TIMOTEUS 1:8
Jy moet dus nooit skaam wees om van ons Here te getuig nie. En moet jou ook nie vir my skaam nie, al is ek ook in die tronk ter wille van Christus. Met die krag wat God jou gee, moet jy gereed wees om saam met my vir die uitdra van die Goeie Nuus te ly.
Verken 2 TIMOTEUS 1:8
5
2 TIMOTEUS 1:12
Dit is waarom ek hier in die tronk ly. Maar ek is nie skaam daaroor nie, want ek ken die Een op wie ek vertrou en ek is seker dat Hy sal bewaar wat Hy aan my toevertrou het, tot op die dag van sy koms.
Verken 2 TIMOTEUS 1:12
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's