Koning Darius het toe aan al die volke, nasies en tale oor die hele aarde ’n brief geskryf:
“Hartlike groete vir julle almal!
Ek vaardig ’n bevel uit dat in al die gebiede van my ryk daar agting en respek moet wees vir die God van Daniël.
Hy is die God wat lewe
en vir altyd bestaan.
Sy koninkryk
ken geen einde nie
en sy regering
het geen grense nie.