1
ESEGIËL 37:4-5
Nuwe Lewende Vertaling
Hy sê toe vir my: “Profeteer vir hierdie bene en sê: ‘Droë bene, luister na die woord van die HERE! So sê die oppermagtige HERE: Kyk, Ek gaan in julle blaas en julle weer lewend maak!
Vergelyk
Verken ESEGIËL 37:4-5
2
ESEGIËL 37:6
Ek sit vleis en spiere om julle en maak julle toe met vel. Ek sit asem in julle en julle sal lewend word. Dan sal julle besef dat Ek die HERE is.’”
Verken ESEGIËL 37:6
3
ESEGIËL 37:3
Toe vra Hy: “Mensekind, kan hierdie bene weer lewende mense word?” “Oppermagtige HERE, U alleen ken die antwoord,” het ek gesê.
Verken ESEGIËL 37:3
4
ESEGIËL 37:1-2
Die HERE het my in besit geneem, en die Gees van die HERE het my weggeneem na ’n vallei vol bene. Hy het my tussen die ou, droë bene wat op die valleivloer lê, rondgelei. Hulle het oral op die grond gelê.
Verken ESEGIËL 37:1-2
5
ESEGIËL 37:7-8
Ek het gesê soos Hy my beveel het. Skielik was daar ’n gedreun terwyl ek praat. Die bene van elke liggaam het bymekaargekom soos dit voorheen was. Terwyl ek gekyk het, het spiere en vleis oor die bene gevorm. Toe het vel die liggame toegemaak. Maar daar was nie lewe in hulle nie.
Verken ESEGIËL 37:7-8
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's