1
JESAJA 49:15
Nuwe Lewende Vertaling
“Kan ’n ma die baba vergeet wat aan haar bors drink? Kan sy geen medelye hê met die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou dit tog moontlik wees, Ék sal jou nie vergeet nie!
Vergelyk
Verken JESAJA 49:15
2
JESAJA 49:16
Kyk, Ek het jou naam in my hand gegraveer. Die mure van Jerusalem wat afgebreek is, is altyd voor My.
Verken JESAJA 49:16
3
JESAJA 49:25
So sê die HERE: “Die gevangene gaan bevry word en die buit gaan afgeneem word. Want Ek is ’n vyand van jou vyand, en Ek sal jou kinders red.
Verken JESAJA 49:25
4
JESAJA 49:6
Hy sê: “Jy sal nog meer doen as om die stamme van Jakob op te rig en my volk Israel na My toe terug te bring. Ek gaan jou ’n lig maak vir die nasies sodat jy my redding kan bring tot aan die uithoeke van die aarde.”
Verken JESAJA 49:6
5
JESAJA 49:13
Sing van vreugde, hemel! Aarde, wees bly! Berge, juig met ’n vrolike lied! Want die HERE het sy volk getroos. Hy sal Hom ontferm oor hulle wat in ellende is.
Verken JESAJA 49:13
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's