1
JESAJA 55:8
Nuwe Lewende Vertaling
“My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,” sê die HERE.
Vergelyk
Verken JESAJA 55:8
2
JESAJA 55:9
“Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes hoër as julle gedagtes.
Verken JESAJA 55:9
3
JESAJA 55:6
Vra na die HERE terwyl jy Hom nog kan vind. Roep Hom nou aan terwyl Hy nog naby is.
Verken JESAJA 55:6
4
JESAJA 55:7
Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die HERE en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!
Verken JESAJA 55:7
5
JESAJA 55:1
“Almal wat dors is, kom na die water toe. Selfs al het jy geen geld nie, kom, koop en eet. Kom, koop wyn en melk sonder prys en geld.
Verken JESAJA 55:1
6
JESAJA 55:10-11
Reën en sneeu kom uit die hemel, en dit gaan nie daarheen terug nie. Dit maak die aarde nat om die plante te laat bot en vrugte te laat dra sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het.
Verken JESAJA 55:10-11
7
JESAJA 55:12
Julle sal in blydskap wegtrek en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal juig en die bome in die veld sal hulle hande klap!
Verken JESAJA 55:12
8
JESAJA 55:3
Luister tog, kom na My toe. Luister na My dat julle kan lewe. Ek is gereed om ’n ewige verbond te sluit. Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos Ek aan Dawid belowe het.
Verken JESAJA 55:3
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's