Ek seën ook die uitlanders
wat hulle aan die HERE wy
en Hom dien en liefhet
en die Sabbatdae onderhou
en lewe volgens my verbond.
Ook húlle bring Ek
na my heilige berg
en gee hulle vreugde
in my huis van gebed.
Hulle brandoffers en ander offers
sal Ek aanvaar,
want my tempel
sal ’n huis van gebed genoem word
vir al die nasies.”