1
JEREMIA 11:3-4
Nuwe Lewende Vertaling
Sê vir hulle: ‘Die HERE, die God van Israel, sê: Daar rus ’n vloek op mense wat nie gehoorsaam is aan die voorskrifte van my verbond nie! Ek het vir julle voorouers gesê toe Ek hulle as slawe in Egipte vrygemaak het: Julle moet aan My gehoorsaam wees. Doen alles wat Ek julle beveel om te doen. Dan sal julle my volk wees en Ek sal julle God wees.
Vergelyk
Verken JEREMIA 11:3-4
2
JEREMIA 11:20
Maar, HERE, Almagtige, U tree altyd regverdig op. U ondersoek wat in ’n mens aangaan, U weet selfs wat ons dink. Laat ek sien hoe U wraak neem, want ek het my saak in u hande gelaat.
Verken JEREMIA 11:20
3
JEREMIA 11:8
Maar julle voorouers het hulle nie daaraan gesteur nie. Hulle wou nie eers luister nie. Elkeen het eenvoudig sy eie kop gevolg en verkeerde dinge gedoen. Hulle wou nie doen wat Ek hulle beveel het om te doen nie. Omdat hulle ongehoorsaam was, het Ek die strawwe wat in die verbond opgeteken is, oor hulle gebring.’”
Verken JEREMIA 11:8
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's