Jou woorde het
almal wat geval het, versterk.
Jy het mense wat twyfel,
regop gehou.
En noudat die moeilikheid
oor jou gekom het,
is jy verslae,
noudat dit jou getref het, is jy
gebroke.
Gee dit dan nie vir jou hoop
dat jy God aanbid het nie?
Moet jy nie juis nou glo
dat God sorg
vir mense wat Hom dien nie?