1
JOSUA 10:13
Nuwe Lewende Vertaling
Die son het gaan stilstaan. Die maan het net daar bly hang totdat Israel sy vyande uitgewis het. Dit is soos dit opgeteken staan in Die boek van die Opregte. Die son het halfpad in die lug vasgesteek. Hy was nie haastig om op sy gewone tyd onder te gaan nie.
Vergelyk
Verken JOSUA 10:13
2
JOSUA 10:12
Op die dag dat die HERE vir Israel oorwinning gegee het oor die Amoriete, het Josua die HERE om hulp gevra. Voor almal het hy by die HERE gebid: “Laat die son tog stilstaan bo Gibeon. Laat die maan stilstaan oor die Ajalonlaagte!”
Verken JOSUA 10:12
3
JOSUA 10:14
So ’n dag was daar nog nooit voorheen en nooit daarna nie. Die HERE het geluister na wat ’n mens vir Hom vra! Die HERE het aan Israel se kant geveg.
Verken JOSUA 10:14
4
JOSUA 10:8
“Jy hoef nie vir hulle bang te wees nie,” het die HERE vir Josua gesê. “Ek gee hulle in jou mag oor. Nie een van hulle sal teen jou kan standhou nie.”
Verken JOSUA 10:8
5
JOSUA 10:25
Hy het voortgegaan: “Julle moenie bang wees nie. Moenie ontsteld wees nie. Julle moet sterk en dapper wees. Dit is soos die HERE gaan maak met al julle vyande teen wie julle moet oorlog maak.”
Verken JOSUA 10:25
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's