1
Prediker 11:9
Bybel vir almal
Jongmens, jy moet die lewe geniet terwyl jy nog 'n kind is, dit moet vir jou lekker wees om jonk te wees. Jy moet doen wat jy graag wil doen, maar jy moet onthou dat God jou sal oordeel oor alles wat jy doen.
Vergelyk
Verken Prediker 11:9
2
Prediker 11:10
Jy moenie bekommerd wees nie, oor niks nie. Jy moet alles weghou van jou wat jou kan laat swaarkry, want die tyd om jonk te wees, is ook nie soos dit moet wees nie.
Verken Prediker 11:10
3
Prediker 11:4
As jy eers wil kyk hoe die wind waai, dan sal jy nie saai nie. As jy eers wil kyk of dit sal reën, dan sal jy nie koring afsny nie.
Verken Prediker 11:4
4
Prediker 11:5
Jy weet nie hoe die wind sal waai nie en jy weet nie hoe die bene van 'n baba in die liggaam van 'n swanger vrou kom nie. Dit is dieselfde: Jy weet nie wat God sal doen nie, God wat alles maak.
Verken Prediker 11:5
5
Prediker 11:6
Jy moet in die oggend jou saad op die land saai en jy moet aanhou saai tot die aand, want jy weet nie watter saad goed sal groei nie. Jy weet nie of dit goed sal gaan met die saad wat jy in die oggend gesaai het of met die saad wat jy in die middag gesaai het nie. Jy weet ook nie of al die saad goed sal groei nie.
Verken Prediker 11:6
6
Prediker 11:2
Jy moet jou goed verdeel en dit vir sewe of ag mense gee, want jy weet nie watter slegte dinge sal op die aarde gebeur nie.
Verken Prediker 11:2
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's