1
Jesaja 25:1
Bybel vir almal
Here, U is my God, ek sal U loof en u Naam prys, want U het 'n wonderwerk gedoen, U het gedoen wat U lank gelede besluit het. U het dit besluit en U het dit gedoen.
Vergelyk
Verken Jesaja 25:1
2
Jesaja 25:8
Hy sal die dood vir altyd wegvat, ja, die Here sal die trane afvee van al die mense se gesigte. Niemand op die hele aarde sal aanhou om sy volk te spot nie. Die Here het dit gesê.
Verken Jesaja 25:8
3
Jesaja 25:9
Daardie dag sal die mense sê: “Kyk, ons God is hier. Ons het geglo Hy sal ons red, en Hy het dit gedoen. Hy is die Here, ons glo in Hom. Ons wil juig en vrolik wees, want Hy het ons gered.
Verken Jesaja 25:9
4
Jesaja 25:7
Die Here sal op hierdie berg die lap stukkend skeur, die lap wat al die volke toegemaak het.
Verken Jesaja 25:7
5
Jesaja 25:6
Die Here wat oor alles regeer, sal op hierdie berg 'n groot fees hou. Daar sal die lekkerste kos en die oudste wyn wees, vleis met murg in die bene, en skoon wyn.
Verken Jesaja 25:6
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's