1
Matteus 9:37-38
Bybel vir almal
Jesus sê toe vir sy dissipels: “Daar is baie ryp koring om af te sny, maar daar is baie min werkers wat kan help om dit te doen. Die ryp koring is die mense wat aan die Here behoort. Julle moet bid tot die Here aan wie die ryp koring behoort en julle moet vra dat Hy werkers sal stuur om sy ryp koring af te sny.”
Vergelyk
Verken Matteus 9:37-38
2
Matteus 9:13
Julle moet leer wat beteken hierdie woorde: “Die Here sê: Ek wil nie offers hê nie, maar Ek wil hê julle moet goed wees vir mense. “Ek het nie gekom om mense te roep wat dink hulle is gehoorsaam aan die wette van God nie. Ek het gekom om sondaars te roep.”
Verken Matteus 9:13
3
Matteus 9:36
Baie mense het na Jesus toe gekom, en toe Hy al die mense sien, het Hy baie jammer gevoel vir hulle. Hulle het gelyk soos mense wat swaarkry, maar daar was niemand wat hulle kon help nie. Hulle was soos skape wat nie 'n wagter het nie.
Verken Matteus 9:36
4
Matteus 9:12
Jesus het gehoor wat die Fariseërs sê, en Hy het vir hulle gesê: “Gesonde mense gaan nie dokter toe nie, net mense wat siek is, gaan dokter toe.
Verken Matteus 9:12
5
Matteus 9:35
Jesus het al die stede en dorpe besoek. Hy het aangehou om vir die mense in hulle sinagoges te leer. Hy het vir hulle vertel van die goeie boodskap dat God Koning is oor almal. Hy het ook al die siek mense gesond gemaak.
Verken Matteus 9:35
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's