1
2 Korinthiërs 4:18
Die Bybel 2020-vertaling
terwyl ons nie let op die sigbare nie, maar op die onsigbare dinge; want die sigbare is tydelik, die onsigbare ewig.
Vergelyk
Verken 2 Korinthiërs 4:18
2
2 Korinthiërs 4:16-17
Daarom gee ons nie moed op nie, want selfs al vergaan ons uiterlike mens, word ons innerlike mens van dag tot dag vernuwe. Want ons ligte en tydelike verdrukking bewerk vir ons 'n gewigtige en allesoortreffende ewige heerlikheid
Verken 2 Korinthiërs 4:16-17
3
2 Korinthiërs 4:8-9
In alles word ons verdruk, maar nie oorweldig nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; ons word platgeslaan, maar nie vernietig nie.
Verken 2 Korinthiërs 4:8-9
4
2 Korinthiërs 4:7
Hierdie skat het ons in kleipotte, sodat die buitengewone krag duidelik van God kom en nie van ons nie.
Verken 2 Korinthiërs 4:7
5
2 Korinthiërs 4:4
vir die ongelowiges wie se denke deur die god van hierdie bedeling verblind is, sodat die lig van die evangelie van die heerlikheid van •Christus, wat die beeld van God is, nie oor hulle skyn nie.
Verken 2 Korinthiërs 4:4
6
2 Korinthiërs 4:6
Want God wat gesê het, “Laat daar uit die duisternis lig skyn,” dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, in die aangesig van Jesus Christus.
Verken 2 Korinthiërs 4:6
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's