1
2 Petrus 2:9
Die Bybel 2020-vertaling
dan weet die Here tog baie goed om daardie mense wat godvresend leef, uit versoeking te red, maar ook om die onregverdiges tot op die dag van oordeel gevange te hou, sodat hulle gestraf kan word
Vergelyk
Verken 2 Petrus 2:9
2
2 Petrus 2:21-22
Dit sou immers vir hulle beter gewees het as hulle die pad van die •geregtigheid nie leer ken het nie, as wanneer hulle dit wel leer ken het, net om dan weer af te wyk van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Op hulle is die waarheid van die volgende gesegdes van toepassing: “'n Hond keer terug na sy eie braaksel,” en “'n Sog was haarself deur te rol in die modder.”
Verken 2 Petrus 2:21-22
3
2 Petrus 2:19
mense wat aan hulle vryheid beloof, alhoewel hulle self slawe van die verderf is. 'n Mens is immers verslaaf aan dit waaraan jy toegee.
Verken 2 Petrus 2:19
4
2 Petrus 2:20
Trouens, as mense, nadat hulle deur die kennis van ons Here en Verlosser Jesus •Christus aan die besoedeling van die wêreld ontsnap het, tog weer daarin verstrik raak, en daaraan toegee, is die einde vir hulle slegter as die begin.
Verken 2 Petrus 2:20
5
2 Petrus 2:1
Daar was egter ook vals profete onder die volk, soos daar ook onder julle vals leraars sal wees, wat vernietigende ketterye sal insmokkel, en selfs die Heer wat hulle vrygekoop het, verloën. So bewerk hulle 'n skielike ondergang vir hulleself.
Verken 2 Petrus 2:1
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's