Ja, so sê Hy wat hoog
en verhewe is,
wat vir ewig woon,
wie se Naam die Heilige is:
“In die hoogte,
in 'n heilige plek, woon Ek,
en ook by hulle wat verpletter
en nederig is,
om die gees van nederiges
te laat herleef,
om die hart van verpletterdes
te laat herleef.
Want Ek sal nie vir altyd
'n regstryd voer,
en nie vir ewig toornig wees nie.
Want menslike geeste
sal voor My wegkwyn,
ook die lewensasems
wat Ek self gemaak het.