1
Matteus 16:24
Die Bybel 2020-vertaling
Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
Vergelyk
Verken Matteus 16:24
2
Matteus 16:18
En Ek sê vir jou, jy is •Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou; en die poorte van Hades sal dit nie oorweldig nie.
Verken Matteus 16:18
3
Matteus 16:19
Ek sal vir jou die sleutels van die •koninkryk van die hemele gee, en wat jy ook al op aarde toesluit, sal in die hemele toegesluit wees, en wat jy ook al op aarde vrylaat, sal in die hemele vrygelaat wees. ”
Verken Matteus 16:19
4
Matteus 16:25
Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.
Verken Matteus 16:25
5
Matteus 16:26
Wat sal dit 'n mens dan baat as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe verloor? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy lewe?
Verken Matteus 16:26
6
Matteus 16:15-16
Hy sê toe vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die •Christus, die •Seun van die lewende God.”
Verken Matteus 16:15-16
7
Matteus 16:17
Jesus antwoord hom: “Gelukkig is jy, Simon Barjona, want vlees en bloed het dit nie aan jou bekend gemaak nie, maar my Vader in die hemele.
Verken Matteus 16:17
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's