1
ESÉGIËL 2:2-3
Afrikaans 1933/1953
En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het. Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.
Vergelyk
Verken ESÉGIËL 2:2-3
2
ESÉGIËL 2:7-8
Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig. Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee.
Verken ESÉGIËL 2:7-8
3
ESÉGIËL 2:5
Maar of hulle nou al luister of nie — want hulle is 'n wederstrewige huis — hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het.
Verken ESÉGIËL 2:5
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's