1
MATTHÉÜS 25:40
Afrikaans 1933/1953
En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
Vergelyk
Verken MATTHÉÜS 25:40
2
MATTHÉÜS 25:21
En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
Verken MATTHÉÜS 25:21
3
MATTHÉÜS 25:29
want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
Verken MATTHÉÜS 25:29
4
MATTHÉÜS 25:13
Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.
Verken MATTHÉÜS 25:13
5
MATTHÉÜS 25:35
Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee
Verken MATTHÉÜS 25:35
6
MATTHÉÜS 25:23
Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
Verken MATTHÉÜS 25:23
7
MATTHÉÜS 25:36
Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
Verken MATTHÉÜS 25:36
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's