1
Prediker 4:9-10
Die Boodskap
Twee is beter as een, want twee mense kan meer regkry as net een. As die een val, kan die ander een hom ophelp. Dit is sleg as die een val en daar is niemand om hom te help nie.
Vergelyk
Verken Prediker 4:9-10
2
Prediker 4:12
Een word maklik oorwin, maar twee kan ’n aanval keer. Om nie eens van drie te praat nie. ’n Driedubbele tou breek tog nie maklik nie.
Verken Prediker 4:12
3
Prediker 4:11
’n Mens kan homself nie warm maak nie, maar as twee saamlê, hou hulle mekaar warm.
Verken Prediker 4:11
4
Prediker 4:6
Maar ek sê: Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop.
Verken Prediker 4:6
5
Prediker 4:4
Ek het ook agtergekom waarom mense soms so hard werk. Dit is uit jaloesie omdat mense mekaar niks gun nie. Sulke arbeid is absoluut sinloos. Dis niks anders as ’n gejaag agter wind aan nie.
Verken Prediker 4:4
6
Prediker 4:13
Dit is goed as ’n jong, intelligente man oor die land regeer. Al kom hy uit ’n arm familie en al was hy in die tronk
Verken Prediker 4:13
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's