1
Romeine 7:25
Die Boodskap
Goddank! Daar is wel Iemand wat my uit hierdie doodsbestaan kan bevry. Sy Naam is Jesus Christus! Hy is ons Here. In my binneste is ek gehoorsaam aan God. Maar wat die res van my liggaam doen, is iets heeltemal anders. Daar heers die sonde. Daarom het ek Christus broodnodig!
Vergelyk
Verken Romeine 7:25
2
Romeine 7:18
Ek weet alte goed dat ek ’n sondaar is. Nêrens in my liggaam skuil daar ’n enkele stukkie goed nie. Want ek wil bitter graag doen wat reg is. Maar ek kry dit eenvoudig nie reg nie.
Verken Romeine 7:18
3
Romeine 7:19
Die goeie dinge wat ek wil doen, doen ek nie. Maar die lelike dinge wat ek nie wil doen nie, doen ek.
Verken Romeine 7:19
4
Romeine 7:20
Iets groots is in my lewe verkeerd. Dis nie meer ek wat in beheer van my eie lewe staan nie. Sonde is my baas.
Verken Romeine 7:20
5
Romeine 7:21-22
My lewe is nou so voorspelbaar soos kan kom. Elke keer as ek besluit om goed te doen, pootjie die sonde my. In my binneste is ek regtig bly dat ek God se wet ken. Maar wanneer ek die wet moet doen, wil die res van my liggaam nie saamwerk nie.
Verken Romeine 7:21-22
6
Romeine 7:16
Dit wys immers vir my dat die lelike dinge wat ek doen, verkeerd is. Dis teen God se wil.
Verken Romeine 7:16
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's