en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister!”
Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê.
Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!”
En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!”