Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees. Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. Op hierdie manier is my boodskap aangaande Christus onder julle bevestig. Gevolglik ontbreek dit julle aan geen enkele genadegawe nie en sien julle gretig uit na Jesus Christus ons Here se verskyning by sy wederkoms.
Lees 1 KORINTIËRS 1
Luister na 1 KORINTIËRS 1
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 1 KORINTIËRS 1:3-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's