2 KRONIEKE 33:12-13

2 KRONIEKE 33:12-13 NLV

Terwyl hy in die diepste nood was, het Manasse die HERE sy God om genade gevra en hom voor die God van sy voorouers verootmoedig. Toe hy bid, het die HERE na hom geluister en sy gebed verhoor en hom laat terugkeer na Jerusalem en sy koninkryk. Manasse het uiteindelik besef dat net die HERE God is.