En God het my gekies om ’n prediker te wees, ’n apostel en ’n leermeester van dié Nuus. Dit is waarom ek hier in die tronk ly. Maar ek is nie skaam daaroor nie, want ek ken die Een op wie ek vertrou en ek is seker dat Hy sal bewaar wat Hy aan my toevertrou het, tot op die dag van sy koms. Hou vas aan die maatstaf van gesonde lering wat jy van my geleer het. En onthou om te lewe in die geloof en liefde wat jy in Christus Jesus het. Bewaar met die hulp van die Heilige Gees wat in ons woon, die kosbare skat wat aan jou toevertrou is. Soos jy weet, het al die Christene wat uit die provinsie Asië hier aangekom het, my in die steek gelaat – selfs Figelus en Hermogenes is weg. Mag die Here ontferming aan Onesiforus en sy hele huishouding bewys, want hulle het my dikwels besoek en bemoedig. Hy was nooit skaam omdat ek in die tronk is nie. Toe hy na Rome toe gekom het, het hy oral gesoek totdat hy my gekry het. Mag die Here aan hom ontferming bewys op die dag van Christus se wederkoms. En jy weet hoe baie hy my in Efese gehelp het.
Lees 2 TIMOTEUS 1
Luister na 2 TIMOTEUS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 TIMOTEUS 1:11-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's