Hiervoor is ek as prediker, •apostel en leraar aangestel. Daarom ly ek ook hierdie dinge, maar ek skaam my nie; want ek weet in wie ek nog altyd my vertroue stel, en ek is oortuig dat Hy magtig is om die pand wat aan my toevertrou is, tot op daardie dag te bewaar. Hou, as voorbeeld van die suiwer leer, vas aan dit wat jy van my gehoor het; doen dit in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is. Bewaar die kosbare pand wat aan jou toevertrou is deur die Heilige Gees wat in ons woon. Jy weet dat almal in Asië, onder wie ook Figelus en Hermogenes, die rug op my gedraai het. Mag die Here barmhartigheid bewys aan Onesiforus se huisgesin, want hy het my dikwels opgebeur en hom nie vir my boeie geskaam nie; trouens, toe hy in Rome was, het hy ywerig na my gesoek en my gevind. Mag die Here gee dat hy op daardie dag barmhartigheid by Hom vind. Jy weet tog baie goed hoeveel diens hy in Efese aan my bewys het.
Lees 2 Timoteus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Timoteus 1:11-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's