Ek was baie ingenome toe hier van die gelowiges aangekom het en getuig het dat jy jou aan die waarheid verbind het om in ’n hegte verbondenheid daaraan te lewe. Ek ervaar geen groter blydskap as juis wanneer ek hoor dat my kinders in ’n hegte verbondenheid aan die waarheid lewe nie. Geliefde vriend, jy tree betroubaar op in wat jy ook al vir die gelowiges doen, selfs al is hulle vreemdelinge. Hulle het voor die gemeente plegtig vertel van jou liefde. Jy doen goed deur hulle op hulle reise voort te help soos God dit wil hê. Inderdaad, hulle gaan rond ter wille van die saak van Christus en ontvang niks van die ongelowiges nie. Ons moet sulke mense ondersteun, sodat ons saam medewerkers kan word in diens van die waarheid.
Lees 3 JOHANNES 1
Luister na 3 JOHANNES 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 3 JOHANNES 1:3-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's