3 Johannes 1:3-8

3 Johannes 1:3-8 AFR20

Want ek was baie bly toe hier broers kom, en oor jou waarheid getuig, hoe jy die pad van waarheid loop. Groter blydskap as dit het ek nie, dat ek hoor dat my kinders die pad van waarheid loop. Geliefde, jy tree getrou op in wat jy ook al vir die broers doen, en dit terwyl hulle vir jou vreemdelinge is. Hulle het voor die •gemeente van jou liefde getuig. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op 'n manier wat God waardig ag. Want ter wille van die Naam, het hulle uitgegaan, sonder om iets van die heidene te ontvang. Ons behoort sulke mense daarom goed te ontvang, sodat ons medewerkers van die waarheid kan wees.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 3 Johannes 1:3-8