EKSODUS 15:23-25

EKSODUS 15:23-25 NLV

Toe hulle by die plek Mara kom, was daar uiteindelik water. Die water was egter brak en hulle kon dit nie drink nie. Dit is hoekom die plek Mara genoem is. Die volk het toe by Moses gaan kla: “Wat moet ons dan drink?” Moses het hulp by die HERE gaan soek. Die HERE het vir hom ’n stuk hout uitgewys. Hy het dit gevat en in die water gegooi. Dit het die water drinkbaar gemaak. Dit was hier by Mara waar die HERE die volgende reëling getref het om hulle te toets