Die HERE het verder ook vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê om my Sabbatte te onderhou. Die Sabbat is ’n teken van die ewige verbond tussen My en julle. Dit herinner julle daaraan dat Ek die HERE is wat julle vir My afgesonder het. Hou die Sabbatdag gereeld, want dit is ’n heilige dag. Die een wat dit verontagsaam, moet beslis doodgemaak word. Iemand wat op daardie dag met sy werk aangaan, sal uit die gemeenskap verwyder word. “Gaan ses dae lank aan met jou gewone werk. Op die sewende dag moet jy daarmee ophou en tot rus kom. Dit is die HERE se heilige rusdag. Enigeen wat op die Sabbatdag met sy werk aangaan, moet doodgemaak word. “Die Israeliete moet die dag van die Sabbat onderhou. Dit is tussen My en die Israeliete ’n teken wat vir altyd sal bly staan. Die HERE het in ses dae die hemel en die aarde gemaak. Op die sewende dag het Hy tot rus gekom.”
Lees EKSODUS 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 31:12-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's