Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: Onderhou my sabbatte. Dit is van geslag tot geslag 'n teken tussen My en julle sodat julle kan besef dat Ek, die Here, julle vir My geheilig het. Onderhou dus die sabbat. Dit moet vir julle 'n gewyde dag wees. Hy wat dit ontwy, moet doodgemaak word. Wie op dié dag werk, moet van sy volk afgesny word. Ses dae kan daar gewerk word, maar die sewende dag is 'n rusdag, 'n sabbat wat gewy is aan My, die Here. Elkeen wat op die sabbatdag werk, moet doodgemaak word. “Die Israeliete moet die sabbat onderhou. Ook op hulle nageslag lê die verbond 'n blywende verpligting om die sabbat te onderhou. Dit sal vir altyd 'n teken wees tussen My en die Israeliete. In ses dae het Ek, die Here, die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Ek nie gewerk nie, maar gerus.”
Lees EKSODUS 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 31:12-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's