EKSODUS 7:9-10

EKSODUS 7:9-10 NLV

“Die farao sal van julle verwag dat julle vir hom ’n wonderteken moet doen. Jy moet dan vir Aäron sê: ‘Gooi jou herderstok voor die farao op die grond!’ Dit sal dan in ’n slang verander.” Moses en Aäron het met die farao gaan praat. Hulle het net so gemaak soos die HERE vir hulle gesê het. Aäron het sy herderstok voor die farao en sy hofamptenare neergegooi en dit het in ’n slang verander.