ESEGIËL 21:28-32

ESEGIËL 21:28-32 NLV

“En nou, mensekind, profeteer oor die Ammoniete en hulle gespot. Sê vir hulle die oppermagtige HERE sê: “Ek het my swaard getrek vir die slagting! Dit is skerp gemaak om te vernietig en dit blits soos weerlig! Jou towenaars en vals profete sien gesigte wat nie bestaan nie en vertel leuens oor die oorlog. En nou breek die oorlog uit teen mense wat boos is. Die finale dag van afrekening het vir hulle aangebreek. Sal Ek die swaard terugsit voordat Ek met jou afgereken het? Nee, Ek vernietig jou in jou eie land, die land waar jy gebore is. Ek stort my wraak uit oor jou. Ek koel my woede af op jou. Ek gee jou oor aan wrede mense wat weet hoe om mense te vernietig. Jy is brandstof vir die vuur. Jou bloed loop in jou eie land. Jy sal volledig uitgeroei word. Niemand sal jou meer onthou nie! “Ek, die HERE, het so gesê.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor ESEGIËL 21:28-32