ESRA 2:68-69

ESRA 2:68-69 NLV

Toe hulle by die tempel van die HERE in Jerusalem aankom, het sommige van die familiehoofde vrywillige bydraes gemaak sodat God se tempel op die oorspronklike plek herbou kon word. Elkeen van hulle het soveel gegee as wat hulle kon. Die somtotaal van wat hulle geskenk het, was ongeveer 500 kilogram goud, 3 000 kilogram silwer en 100 kledingstukke vir die priesters.