GENESIS 15:7-12

GENESIS 15:7-12 NLV

Die HERE sê verder vir hom: “Ek is die HERE wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land in besit te neem.” Maar Abram antwoord Hom: “Oppermagtige HERE, hoe kan ek verseker weet dat dit aan my sal behoort?” Die HERE antwoord hom: “Bring vir My ’n driejaaroud verskalf, ’n driejaaroud bokooi, ’n driejaaroud ram, ’n tortelduif en ’n jong duif.” Abram bring dit toe vir die HERE en slag hulle. Hy sny elkeen middeldeur en lê die helftes teenoor mekaar. Die duiwe sny hy egter nie in die helfte nie. Toe roofvoëls op die karkasse toesak, verwilder Abram hulle. Daardie aand, toe die son besig was om onder te gaan, oorval ’n diep slaap Abram en angs en donkerte het hom oorval.