JESAJA 40:12-14

JESAJA 40:12-14 NLV

Wie anders het die oseane in sy hand gehou? Wie het die hemel afgemeet met die breedte van sy hand? Wie het die grond van die aarde met ’n maatemmer gemeet, of het die berge en die heuwels met ’n skaal geweeg? Wie kan die Gees van die HERE advies gee? Wie weet genoeg om Hom raad te gee of Hom te leer? Het die HERE al ooit raad van ander nodig gehad? Het Hy nodig dat iemand Hom vertel wat die goeie is of wat die beste is?

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 40:12-14