JESAJA 48:17-18

JESAJA 48:17-18 NLV

Nou sê die HERE, jou Redder, die Heilige van Israel: “Ek is die HERE jou God wat jou leer wat vir jou goed is. Ek lei jou op die pad waarop jy moet loop. As jy maar net na my gebooie geluister het! Dan sou jou vrede soos ’n rivier gewees het, en jou geregtigheid soos die golwe van die see.