Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

JESAJA 58:3-9

JESAJA 58:3-9 NLV

Hulle vra: ‘Waarom het ons gevas, maar U sien dit nie? Ons het ons verootmoedig, maar U het dit nie opgelet nie!’ “Dis omdat julle op vasdae net julle eie plesier najaag, en die mense in julle diens nog harder laat werk. Julle vas eindig in twis, rusie en vuisgevegte. Op hierdie manier kan julle nie vas en dan verwag dat dit in die hemel gehoor sal word nie. Is dit die vas wat Ek verkies, net ’n dag waarop ’n mens homself verneder? Is dit om net jou kop te buig soos ’n biesie en te sit in sak en as? Is dit wat jy ’n vas noem, ’n dag wat vir die Here aanvaarbaar sal wees? “Nee, is die vas wat Ek wil hê, dan nie: om mense wat onregverdig in die tronk is, vry te laat, om die juk van mense af te haal en elke juk te breek nie? Is dit nie om jou kos te deel met dié wat honger is, om aan die arm swerwer blyplek te gee, om klere te gee vir mense wat dit nodig het, om nie weg te draai van jou familie wat jou hulp nodig het nie? As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou wonde sal spoedig genees. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm. Wanneer jy dan roep om hulp, sal die Here antwoord. Jy sal roep om hulp en Hy sal sê: Hier is Ek! “As jy ontslae raak van die juk van verdrukking, van die beskuldigende vinger en kwaadpratery,