JEREMIA 1:5-10

JEREMIA 1:5-10 NLV

“Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens My te praat met die nasies van die wêreld.” Ek het geantwoord: “Nee, oppermagtige HERE, ek kan nie goed praat nie. Ek is ook te jonk!” Maar die HERE het geantwoord en gesê: “Moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense waarheen Ek jou stuur en gee my boodskap vir hulle. Jy moet ook nie bang wees vir hulle nie. Ek sal by jou wees en jou beskerm! Ek is die HERE wat so sê.” Toe het die HERE sy hand uitgesteek en aan my mond geraak. Hy het vir my gesê: “Ek het my woorde in jou mond gesit. Ek stel jou vandag aan oor nasies en regerings, om sommige te ontwortel en plat te slaan, om ander op te bou en nuut te vestig.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor JEREMIA 1:5-10