Jeremia 1:5-10

Jeremia 1:5-10 DB

“Ek ken jou van altyd af. Van voor jou geboorte af het Ek jou gekies en aangestel om namens My met die nasies van die wêreld te praat.” Ek het geantwoord en gesê: “Nee, Here, ek kan nie goed praat nie en ek is gans en al te jonk vir dié belangrike taak.” Maar die Here het my geantwoord: “Moenie sê jy is te jonk nie. Jy moet na die mense toe gaan na wie Ek jou stuur en vir hulle my boodskap gee. Jy moet ook nie vir hulle bang wees nie. Ek belowe jou, Ek sal by jou wees en jou beskerm.” Toe het dit vir my gevoel of die Here met sy hand aan my mond raak. Hy het vir my gesê: “Ek sit die woorde wat jy nodig het, in jou mond. Ek gee jou van vandag af mag en invloed oor nasies en regerings. Party van hierdie nasies moet jy soos bossies uittrek of soos ’n muur afbreek sodat daar heeltemal niks van hulle oorbly nie. Ander moet jy van nuuts af begin bou en sterk maak.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jeremia 1:5-10