JEREMIA 3:13-14

JEREMIA 3:13-14 NLV

Erken net dat julle skuldig is. Erken dat julle teen die HERE julle God in opstand gekom het. Julle was ontrou aan Hom deur onder elke groen boom afgode te aanbid. Bely dat julle My nie gehoorsaam het nie, sê die HERE! “Kom terug na My toe, ontroue kinders, want Ek is julle man. Ek sal hier een uit ’n stad en daar twee uit ’n familie vat en na Sion toe terugbring.