Jeremia 3:13-14

Jeremia 3:13-14 AFR20

Erken net jou sondeskuld, want teen die HERE jou God het jy oortree. Jy het jou paaie in alle rigtings laat loop na vreemdes onder elke skaduryke boom. Na my stem het julle nie geluister nie,” is die uitspraak van die HERE. “Keer terug, afvallige kinders!” is die uitspraak van die HERE, “want dit is Ek wat heer is oor julle. Ek sal julle terugneem, een uit 'n stad en twee uit 'n familiegroep; en Ek sal julle na Sion bring.