JEREMIA 5:22

JEREMIA 5:22 NLV

Het julle geen respek vir My nie?” vra die HERE. “Is julle nie bang vir My nie? Ek is die Een wat die sand as grense vir die see vasgestel het. Die see kan nie hierdie grense oorskry nie. Die branders kan maar bruis, maar sal nie seëvier nie.