’n Sekere man met die naam Lasarus was siek. Hy was van Betanië, die tuisdorpie van Maria en haar suster, Marta. Dit was Maria wat die Here met aromatiese olie gesalf het en toe sy voete met haar hare afgedroog het. Dit is haar broer Lasarus wat siek was. Die susters het toe iemand na Jesus toe gestuur om te sê: “Here, kyk, hy vir wie U lief is, is siek.” Jesus het die boodskap gehoor en gesê: “Hierdie siekte gaan nie op die dood uitloop nie, maar vind plaas om die heerlikheid van God sigbaar te maak sodat die Seun van God daardeur verheerlik word.” Jesus was lief vir Marta, haar suster en vir Lasarus. Toe Jesus gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy nog twee dae oorgebly op die plek waar Hy was. Eers hierna het Hy vir sy dissipels gesê: “Laat ons weer ’n keer Judea toe gaan.” Die dissipels sê toe vir Jesus: “Rabbi, laas wou die Jode daar U nog stenig, en U gaan wéér soontoe?” Jesus het geantwoord: “Is daar nie twaalf werksure gedurende ’n dag nie? As iemand in die daglig rondloop, struikel hy nie omdat hy die lig van hierdie wêreld sien. As iemand egter in die nag rondloop, struikel hy maklik omdat hy nie lig het nie.” Hierdie dinge het Jesus gesê, en daarna bygevoeg: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.” Die dissipels het vir Jesus gesê: “Meneer, as hy slaap, sal hy mos gesond word.” Jesus het Lasarus se dood bedoel, maar hulle het gedink Hy praat van die natuurlike slaap. Toe sê Jesus reguit vir hulle: “Lasarus is dood, maar ter wille van julle is Ek bly dat Ek nie daar was nie sodat julle kan glo. Laat ons dan na hom toe gaan.” Tomas, wat ook Didimus genoem is, het vir die ander dissipels gesê: “Laat ons ook gaan sodat ons saam met Jesus kan sterf.” Toe Jesus daar aankom, het Hy uitgevind dat Lasarus al vier dae in die graf was. Betanië was naby Jerusalem, ongeveer drie kilometer daarvandaan. Baie van die Jode het by Marta en Maria opgedaag om hulle meegevoel oor hulle broer te betuig. Toe Marta hoor dat Jesus op pad is, het sy Hom gaan ontmoet. Maria het egter in die huis bly sit. Marta het vir Jesus gesê: “Here, as U maar net hier was, sou my broer nie gesterf het nie.
Lees JOHANNES 11
Luister na JOHANNES 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 11:1-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's