God strek die noordelike lugruim oor leë ruimtes en hang die aarde op aan niks. Hy rol die reën op in dik wolke, maar as hulle swaar is, skeur hulle nie. Hy bedek die gesig van die volmaan en sprei wolke daaroor. Hy het die horison geskep deur die waters te skei. Hy stel grense vir die dag en die nag. Die fondamente van die hemel bewe, hulle is verstom as Hy hulle bestraf. Sy krag kalmeer die see. Hy verslaan die seemonster. Sy wind waai die lug skoon en Hy vernietig die vlugtende slang. Dit is maar die kleinste van sy werke, ’n fluistering van sy krag wat ons hoor! Wie kan dan die grootheid van sy mag begryp?”
Lees JOB 26
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: JOB 26:7-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's