Job 26:7-14

Job 26:7-14 AFR20

voor Hom wat die noorde oopspan oor die niet, wat die aarde ophang aan niks; wat die waters in sy wolke saambind, sonder dat die wolkmassa daarvan oopskeur; Hy wat die aansig van die troon versper deur sy wolkmassa daaroor uit te sprei. Hy het sirkelvormig 'n grens getrek oor die oppervlakte van die water tot waar lig by donker eindig. Die pilare van die hemel wankel en staan verslae deur sy dreiging. Deur sy krag het Hy die see laat bedaar, deur sy insig het Hy Rahab verbrysel. Deur sy asem maak Hy die hemel helder; sy hand deurboor die vinnige slang. Kyk, dit is maar net die buitelyne van sy weë. Wat ons van Hom hoor, is maar 'n gefluisterde woord. Sy donderende krag – wie begryp dit?”