JONA 4:1-2
JONA 4:1-2 NLV
Hierdie verandering het Jona ontstel. Hy het baie kwaad geword. Hy het by die Here daaroor gekla: “Het ek nie voor ek by die huis weg is, gesê dit is wat U sou doen nie, Here? Dit is die rede hoekom ek na Tarsis gevlug het! Ek het geweet U is ’n genadige God, ’n God van medelye. U word stadig kwaad en is liefdevol en getrou. Ek het geweet U kry maklik berou en dat U van plan sou verander en hulle nie straf nie.




